Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kolwyntjies by dosyne

Vir Wekersdag het ons op 30 April gaan kolwyntjies uitdeel by Media24 se Naspers-sentrum. Toe ons hoor daar werk 1200 mense in die gebou, moes ons besluit, gaan ons die idee maar laat gaan, of gaan ons hierdie reusagtige hoeveelheid cupcakes probeer insamel? Ons het besluit om te probeer…

Binne ’n week of twee het genoeg gemeentelede aangebied om te help bak en kon ons 1200 kolwyntjies gaan uitstal in die voorportaal van die Naspers-sentrum. En was dit nie ’n asemrowende gesig nie? Soveel koekies in al die kleure van die reënboog!

Die mense het dit vreeslik waardeer, en ons het as Groote Kerk ons lig helder laat skyn onder die mense van Kaapstad met dié liefdesgebaar.

Adri Jurgensen, groep organiseerder van Media24 se Korporatiewe Sosiale Ontwikkelingsprogramme het in ‘n e-pos na afloop van die geleenteheid die volgende gesê: “Dit was een van die lekkerste projekte tot nog! Ons het soveel positiewe terugvoer gekry en die mense wat nie in die gebou was nie, was boos oor hul uitgemis het!”

Baie dankie aan almal wat gehelp het om van die projek ’n reuse sukses te maak.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam