Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kom kamp saam!

In die Desember vakansie gaan ons ‘n kamp aanbied vir 60 Graad 6 leerders van die Laerskool De Waveren in Ruyterwacht, by ons kampterrein in Noordhoek. Die kinders word in uitdagende en arm omstandighede groot en volgens die skoolhoof is daar baie wat nog nooit die geleentheid gehad het om vir ‘n week weg te breek en die natuurskoon te geniet en bloot net pret te he nie.

Die kamp vind plaas vanaf Maandag 9 tot Vrydag 13 Desember 2013. Ons fokus gaan wees op die Liefde van God en hoe dit lyk in my en jou lewe. Ons beplan ‘n volgepakte program om te verseker dat dit ‘n vakansie is wat die kinders nooit sal vergeet nie.

Daar is baie plek om betrokke te raak en ons kort soveel as moontlik vrywilligers, om te help met die beplanning, die aanbieding, die kos maak, mentors en aktiwiteitsleiers en aanbieders, idees en die beskikbaar stel van hulpbronne, die saamstel van ‘n verwelkomingspak, wat dinge soos lekkers, ‘n Bybel, miskien ‘n kinderboek, potlode, tandeborsel, tandepasta, handoek ens kan bevat. Raak nou betrokke en wees deel van hierdie lewensveranderende geleentheid.

Kontak Riaan by 074 806 1880 of riaandev@gmail.com

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam