Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Komberse en kos vir Maitland gemeenskapskerk

Ons het van Maitland Gemeenskapskerk (‘n Ringsgemeente) ‘n versoek gekry om hulp. Ek is seker meeste van ons lidmate is bewus daarvan dat dit ‘n arm gemeenskap is met die gepaardgaande probleme.

Die Kaapse winter het hierdie jaar getalm om sy opwagting te maak, maar toe die winter opdaag, was dit met ‘n BIG BANG!

In Maitland is daar baie hawelose lidmate en in ‘n poging om die lewe ‘n klein bietjie makliker en hopelik warmer te maak vir mense wil hulle probeer om 100 komberse in te samel. Ervaring het geleer dat sekere komberse baie gou voete kry, so hulle vra waar dit moontlik is vir skenkings van daardie grys PEP komberse. (Hoewel dit nie mooi is nie, doen dit die ding.)

Benewens komberse sal enige nie-bederfbare voedsel ook besonder handig wees. Hulle koskaste is leeg en daar is tans ‘n hele aantal gesinne wat volledig van skenkings vanuit die gemeente afhanklik is. Hoewel hulle beplan om die skenkings op 16 Junie uit te deel, sal die projek nie sommer daar stop nie.

Ons vra dat al ons lidmate sal deelneem aan hierdie poging om die lewe van die mense van Maitlanden ook ander ringsgemeentes soos Ysterplaat en Woodstock so bietjie makliker te maak. Skenkings kan by die kerkkantoor afgelewer word of na die eredienste gebring word. Ons sal dan gedurende die vakansie ook die skenkings wat ontvang word, gaan aflewer waar daar nood is.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam