Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Komberse en matrasse vir The Haven

Die winter is op ons en die Kaap gaan weer’n koue plek wees, veral vir die haweloses in die stad.

Ons het Sondag besoek afgelĂȘ by The Haven Nagskuiling in Napierstraat. Hierdie skuiling is tot oorlopens toe voel, hulle het egter nog plek vir mense, maar nie genoeg matrasse nie.

Ons het toe vanuit die Hoopprojekfonds 15 matrasse aangekoop wat by hulle afgelwer gaan word binnekort. Daar is ook ‘n behoefte aan komberse en ons wil graag ons gemeentelede versoek om ou komberse na die kerk of kerkkantoor te bring, sodat ons dit saam met die matrasse aan hulle kan skenk.

Ons sal dit baie waardeer indien jy tot en met Paasnaweek soveel as moontlik komberse kan bring, jy kan sommer mense in jou kantoor, selgroep, familie ens uitdaag om by te dra. Indien jy verder betrokke wil wees by die nagskuiling, soos bv. Help met aandgodsdiens, kosmaak of kos inskep of sommer net daar wil gaan kuier kan jy vir Riaan kontak by riaandev@gmail.com of 0748061880.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam