Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Matrasse, komberse en HOOP vir The Haven

Tydens Sondagaand 17 Maart se diens het daar ‘n desperate man ons genader vir ‘n slaapplek vir die aand. Nadat ons The Haven gekontak het, het hulle binne enkele minute vir hom ‘n plek gemaak. Ons het hom toe gaan aflaai by The Haven in Napierstraat, Groenpunt. Daar is ons vriendelik ontvang deur Petrus wat op diens was, na ‘n gesprek met Petrus het ons vinnig besef watter groot aanvraag na verblyf hier in die stad is. Hy het ons die kontrole lys vir die aand gewys, daar wees meer as ‘n 100 persone by hierdie skuiling wat die aand sou oornag, 80 mans en 20 vroue. Elke plasing op die oomblik is ‘n “uitsondering”, so ook het hy vir ons ‘n “uitsondering” gemaak omdat hulle reeds bo kapasiteit is.

Ons het hom gevra hoe ons hulle kan ondersteun en hy het ons meegedeel dat hulle onmiddellike behoefte nog komberse en matrasse is, aangesien hulle nog plek op die vloer het, maar nie genoeg matrasse nie. Ons het toe vanuit die hoopprojekfonds vir hulle matrasse en komberse aangeskaf, daar het ook enkele komberse van lidmate ingekom wat ons vir hulle geneem het.

 

Op Maandag 25 Maart het ons die matrasse afgelewer, en is ook op ‘n toer van die fasiliteite geneem deur ‘n baie vriendelike dame genaamd Edna. Sy het verduidelik hoe die proses werk, hier volg kortliks ‘n paar dinge wat sy gedeel het.

 

Die doel van die skuiling is nie dat mense afhanklik raak van die skuiling nie, maar dat hulle net ‘n ophelp geleentheid kry, ‘n plek om soos mense behandel te word, te eet, te stort, slaap, skoon klere aan te trek en gehelp te word met werk soek. Die stadsraad maak dikwels gebruik van mense in die skuiling as hulle projekte in die gebied van die skuiling doen. Soms is mense wat na die skuiling kom siek en word hulle daar versorg, die hospitale soos Somerset hospitaal plaas ook haweloses wat uit die hospitaal ontslaan word oor na die skuiling.

Die kos wat bedien word, word ook in die kombuis van die skuiling gemaak, hulle ontvang bestandele van verskeie organisasies en haweloses bestuur self die kombuis en maak skoon na die tyd. Die gesondes gaan bedags uit op straat om werk te soek en hulle ontvang ‘n kospakkie om saam te neem sodat hulle nie in dromme hoef te krap en bedel vir kos nie.

 

Petrus het vertel dat daar in die verlede baie kerke betrokke was by die skuiling, maar op die oomblik is dit net Hillsong en Common Ground, wat soms ‘n projek daar doen soos, teel en verf en soms kos bedien en ‘n oordenking doen. The Haven sal dit verwelkom indien ons daar betrokke kan raak.

Hoe kan ons gemeentelede betrokke raak? Mense kan bestandele, toiletware en ou klere, veral mansklere skenk aan die skuiling. Ons kan die skuiling kontak en reel dat ons tydens etenstyd gaan help met die opskep van kos, en met die inwoners gaan gesels en ‘n oordenking aanbied. Ons kan ook as ‘n span die skuiling help met opgradering en instandhouding. Ons kan ook vir Edna kontak indien ons bewus is van werksgeleenthede.

Danksy gemeentelede se dankoffers wat bydrae tot die Hoopfonds het The Haven in Napierstraat nou plek om nog 15 mense van die straat af op te help en te red van ‘n koue en nat winter op straat.

Indien jy meer wil weet of by The Haven betrokke wil raak, eenmalig of op ‘n gereelde grondslag, kontak asb vir Riaan by riaandev@gmail.com of 0748061880.

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam