Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Moedersdag by Groote Kerk die 11de Mei

Briewe vanuit ons liefdesgemeenskap vir Moedersdag.

Annette-trou-122

MOEDERSDAG 2014

Vanjaar se Moedersdag is vir my baie spesiaal.

My eersgeborene is op Moedersdag gebore.
Vrydag 9 Mei word sy 21 jaar oud!

Ek glo elke kind is een van God se grootste geskenke aan ons.
Ons is geseën met 4 kinders en is verantwoordelik om hulle vir die Here groot te maak, sodat hulle tot seën van ander sal wees.

My Ma is verlede jaar Mei maand op 84 jaar oorlede.
Sy was alles wat goed en mooi was.  Vol liefde, humor en omgee vir almal.

Ons as Ma’s kan maar net op ons knieë bly en intree vir ons kosbare kinders.

“laat Heer U liefde deur my vloei….”♫

Kol 4:2  “Volhard in gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar”

Seëngroete

Nicolene van Rooyen.

de-wit-gesin-toe-hulle-jonk-was

MOEDERSDAG 2014deur Gideon de Wit

Die pop groep, Queen is sekerlik een van die suksesvolste groepe van alle tye. Hulle beste liedjie wat onlangs ingestem is as die beste pop liedjie van alle tye, is die lied Bohemiam Rhapsody.

Dit is ‘n liedjie wat handel oor ‘n man wat ‘n verskriklike kriminele oortreding begaan het deur iemand te vermoor.

Die heel eerste sin van hierdie wereld bekende lied begin met die woorde: “Mama, I just killed a man”

En die res van die hele eerste versie is ‘n belydenis aan sy ma oor sy skande.

‘n Ma is die een plek waar jy glo jy aanvaar sal word. Die een plek waar jy kan huis toe kom en op iemand se skoot getel word, waar die verbande aangerol mag word, selfs al verdien jy dit nie.

Die wêreld bekende Amerikaanse professor in opvoedkunde, Dokter Leo Busgaglia, het gese: “I am convinced that if there is one place where you have guaranteed acceptance, where they will always take you in. You will never need a phsycologist.”

Ek glo hom. En ek wil vandag vir my Ma dankie sê dat sy so persoon in my lewe was en steeds is. Dankie vir al Ma Nora se liefde en gebede deur die jare

Mag moedersdag ‘n besonderse dag vir al die moeders in ons gemeente wees!

mothers-love

MOEDERSDAG 2014deur Magriet Smit

Die mense van Jerusalem het gesê: “Die Here het ons in die steek gelaat. Ons God het van ons vergeet” Kan ‘n vrou van haar babatjie vergeet? Kan sy die kind wat sy in die wêreld gebring het, net so laat staan? Selfs al sou so iets gebeur, sal Ek jou nooit vergeet nie” Jesaja 49:14-16 (Die Boodskap)

Vandat ek lief is vir God se Woord, is ek lief vir hierdie spesifieke teksvers. Dalk oor ek so assosieer daarmee as aangenome kind. Maar dalk ook oor meeste van ons weet hoe dit voel om deur seisoene te gaan waar ons vergete voel, in so ‘n mate ook kan wonder of God van ons vergeet het…

Met Moedersdag wat verby is, waar almal hul moeders geeër het, op verskeie maniere, het jy dit dalk anders ervaar. Miskien het jy ‘n ma onlangs aan die dood afgestaan, of nog nooit jou ma ontmoet nie. Miskien het jy ‘n verhouding wat verbrokkel is met haar, of jy voel sy het jou emosioneel verwerp.

Die definisie van die woord Moeder: “’n Vrou in verhouding met ‘n kind of kinders wat sy lewe aan gesekenk het” en “om ‘n kind groot te maak met liefde en sorg”

In die teksvers, vra God die ondenkbare… “ Kan ‘n vrou van haar babatjie vergeet? Kan sy die kind wat sy in die wêreld gebring het, net so laat staan?” Wat ‘n ongelooflike pynvolle gedagte. Die persoon wat geskep is om jou liefdevol en met sorg groot te maak…verwerp/verlaat jou? God gee dadelik ‘n antwoord op hierdie, Hy gee meer as ‘n antwoord, Hy gee ‘n belofte: “Selfs al sou so iets gebeur, sal Ek jou nooit vergeet nie”

Wat ‘n wonderlike belofte om aan vas te hou. Ons eer ‘n God wat selfs in die diepste vensters van ons harte kan sien en ons vertroos oor hartseer wat ons sukkel om te verwoord.

Ons dank Hom dat Hy moeders geskep het. Hetsy biologiese moeders, maar ook geestelike moeders by wie ons meer van Hom kan leer.

moedersdag-2014_05moedersdag-2014_03

moedersdag-2014_04moedersdag-2014_02moedersdag-2014_01

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam