Noordhoek

Beskrywing

Geleë te Noordhoek 25 kilometer vanaf Kaapstad, Village-Steeg, oorkant die Noordhoek Farm Village. Twee kilometer van see. Mooi staproetes in aangrensende berge.

Beskikbare geriewe

1.Twee vleuels met 8 slaaplokale en 68 beddens.
2. Warm en koue water.
3. Twee aparte kamers vir personeel met 2 beddens in elke kamer met eie was- en toiletgeriewe.
4. Toegeruste kombuis met gas- en elektriese stoof.
5. Een yskas asook ‘n vrieskas.
5. Aparte vergadersaal. Groot kaggel om die winterkoue af te weer.
6. Swembad op terrein. (sien reëls oor geraas en swembad)
7. Beddegoed, eetgerei en toiletpapier word nie voorsien nie.
8. Braaivleisplek – roosters word verskaf, maar geen hout nie. Slegs hier mag vuur gemaak word.
9. Verneem gerus by die opsigter wat daar alles in Noordhoek self te doen en te besigtig is.

Besprekings / navrae:

Vir telefoniese navrae kontak gerus vir Elizna by 021 422 0569 of stuur ‘n epos direk na [email protected]

    Kontak:

    Tel: 021 422 0569
    E-pos: [email protected]