Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

ONS VIER 350 JAAR SAAM MET DIE JEUG

Op Sondag 1 Maart was die Groote Kerk in ‘n partytjiestemming. Getooi in balonne en die tafel gedek met kolwyntjies, het ons gewag vir die gaste om op te daag. Ons was bevoorreg om die Jeugbrigade van die VGK by ons te verwelkom. Bloubergstrand se ‘band’ bestaande uit Niel Steyn, Miga Coetsee, Armand en Mire, het ons gelei in lofprysing. Die koor en orkes van die Jeugbrigade het opgetree en ‘n jong orrelis, J Gabriels, het voor die orrel ingskuif.

jeugsondag-1

Jaco Strydom van Echo-bediening het ‘n inspirende boodskap gelewer. Hy glo dat die nommer een negatiewe emosie by die grootste gros van van die jeug wat by Echo beland, eensaamheid is. Die gemeenskap wil gewoonlik graag iets vir kinders in nood gee, terwyl ons vergeet dat hulle eintlik iemand nodig het.

jeugsondag-2

Ons dank die Here vir genade, dat Hy ons reeds vir 350 jaar dra en dat ons getroos kan wees deur die wete dat Hy altyd daar sal wees.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam