Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Psalm 23 (Vir vandag se besige mense)

Die Here waak oor die tempo van my lewe.
Hy het vir my tyd.
Daarom ontbreek dit my nie aan die tyd om die lewe te vier nie.
Ek hoef nie naarstiglik van die een taak na die ander
voort te jaag sonder om die voldoening
van voltooing te smaak nie.

Telkens weer skenk Hy my die geleentheid om sorgeloos en ontspanne te geniet van die goeie dinge
wat ek nie self verwerf het nie,
maar wat ek sommer so uit vrye guns ontvang.

Ek voel nie bedreig deur my medemense nie.
Hulle is nie my mededingers teen wie ek my aansien en my identiteit met prestasies moet beskerm en handhaaf nie.

Al tref teëspoed en teleurstellings my, kry dit my nie onder nie. Want ek bestaan. Ek lewe. Dit is ‘n wonder.
In die smaak van hierdie elementêre lewenswonder
sal ek my eindeloos verlustig.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam