Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Ruyterwacht Senior Sentrum het jou hulp nodig!

Die sentrum sien reeds sedert 1988 (25 jaar) om na bejaardes wat weens armoede nie inrigtingsorg kan bekostig nie en genoodsaak is om by hul kinders/kleinkinders of selfs in motorhuise of in wendy huise in agterplase in te woon.  88% van die lede kry slegs R1 300.00 per maand.

Die sentrum kan in die behoeftes van 300 persone op ‘n slag voorsien en daar is vier huise vir diegene wat elders geen dak oor hul kop sou hê nie.

Daar word voedsame etes verskaf, vervoer na klinieke en hospitale, tuisversorging aan lede wat bedlêend raak, maatskaplike dienste, geleenthede vir sosiale verkeer, kulturele programme om vaardighede aan te leer en produkte te skep, ’n biblioteekdiens, liggaamsoefening en inspuitings teen aandoenings soos griep

Gedurende Paastyd het hulle byvoorveeld ‘n kospakkie aan elke lid van die sentrum gegee, aangesien die sentrum daardie tyd toemaak.  Vir baie van die bejaardes is dit ‘n krisis wanneer die sentrum sluit, aangesien hulle afhanklik is van die maaltye wat hulle daar geniet. Gedurende die Kerstyd sluit die sentrum ook en dan word hulle ook van ‘n kospakkie voorsien.

Ons het gedurende Paastyd ‘n geldelike donasie aan die sentrum gemaak, maar ons wil graag hierdie jaar vra of van ons gemeentelede betrokke wil raak.  Ons plaas ‘n lys van die items wat in die kospakkies geplaas word en vra dat u ‘n bydrae hiervoor sal maak deur gedurende die maand van Oktober van hierdie items na die bedieningspunte te bring op Sondae en na die kantoor gedurende die week.

Die lys van items in die pakkie is soos volg:  kookolie (750ml), Konfyt (450g), Grondboontjiebotter (400g), Bully Beef (425g), blikkie Pilchards (425g), blikkie spaghetti en tamatie (425g) , baked beans (410g), Suikermielies (410g), Tamatie en uie (410g), gemengde groente (410g), Ertjies (410g), Blikkie vrugte (410g), Ricoffy (250g), Glen Tee (100 sakkies), Melk Poeier (250g), Suiker (1 kg), Mieliemeel (1kg), Hawermout (1kg), Rys (500g), Pasta – Macoroni (500g), 2 minute noodles (75g), Jellie (90g), droë Sopmengsel (500g), samp (500g), Red Specked Beans (500g), gegeurde soja  – Imana (200g), tafelsout – Marina Seesout (500g), Toiletpapier (4)

Die waarde van so ‘n pakkie is min of meer R380.00 per persoon.  Jy is welkom op ‘n pakkie te borg vir die volle bedrag of gedurende Oktober van die items na die bedieningpunte of kantoor te bring.  Indien jy ‘n donasie wil gee, kan dit by die kantoor inbetaal word, in ‘n koevert in die kollektebordjie geplaas word (merk asb duidelik Ruyterwacht bejaardesentrum).  U kan ‘n donasie ook direk in die bankrekening betaal:  NG Kerk Kaapstad, ABSA, tak – 312109, rek no 360 580 032 met verwysing Ruytwacht.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam