Hoe werk kategese / tiener omgeegroepe?
Jongmense of tieners reageer besonder goed op goeie verhoudings. Daarom is ons tiener kategese of omgeegroepe spesifiek gefokus op die vestiging en bou van verhoudings – met mekaar, met hul groepleier en met die breër gemeenskap waar ons hulle aanmoedig om te dien.
Om ons te help met die bou van hierdie besonderse verhoudings, het ons groepe wat op ʼn Sondagaand bymekaarkom. Daar is tans die volgende groepe:
Gr 7
Gr 8
Gr 9-10
- Gr 11-12
Hierdie groepe kom by die Kloofstraat sentrum (Kloofstraat 55) bymekaar en word hoofsaaklik deur jongwerkendes gefasiliteer. Hierdie jonger groepleiers is op ʼn ideale lewensfase om verhouding met die tieners te bou en positief op hulle verhouding met die Here Jesus in te bou. Tydens inperkings wanneer ons nie bymekaar mag kom nie, is hierdie groepe via zoom.
Hartklop
Na die kleingroepe bymekaargekom het, sluit hulle aan by ons Hartklop aanbiddingsdiens wat hoofsaaklik op jongmense gefokus is, met ʼn aanbiddingstyl wat deur ʼn band gefasiliteer word. Die diens is by die kerkie in Kloofstraat (Kloofstraat 55A) en daarom gerieflik om sommer van kategese groepe af oor te stap kerk toe saam met hulle groepleiers en vriende. Op hierdie manier word daar ook ruimte geskep vir die tieners om ʼn spasie in kerk te hê waar hulle tuis voel en graag wil wees.
Kampe
Alhoewel ons tydens 2020 en 2021 nie kans gehad het vir kamp nie, glo ons in die waarde van ʼn naweek saam weggaan, verhouding bou, diep gesels, saam Bybel lees en bid en aanbid. Verhoudings is ʼn besonderse waardevolle manier om Jesus deel te maak van ons jongmense se verwysingsraamwerk. Ons sien dus uit daarna wanneer ons weer saam met hulle by Noordhoek kan gaan kamp.
Uitreike
Ons beplan ‘n uitreik na Calitzdorp tydens die langnaweek van 5-9 Augustus. Hierdie uitreike is ‘n besonderse manier om verhouding met die jongmense te bou asook om hul bloot te stel aan verskillende groepe mense en veral ook ander jongmense. Dit gee hulle ook geleentheid om te kan verwoord hoe en wat hulle oor Jesus glo. Uitreike is n besonderse waardevolle deel van die bediening en ons is opgewonde om dit hopelik weer hierdie jaar te kan doen.