Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Sosiale Klub vir Afgetredenes

Groote Kerk skop af met ’n sosiale klub vir afgetredenes op Woensdag 12 Junie. Dit is ‘n projek waaroor ons verskriklik opgewonde is. Dit is so maklik om in die stad te vereensaam, hoeveel te meer as jy afgetree is en nie meer baie geleenthede het om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak nie.

Daarom wil ons op ’n maandelikse basis ’n byeenkoms hou waar afgetredenes (nie noodwendig slegs bejaardes nie) kan saam kuier en fun goed kan doen. Ons beplan om die byeenkomste so relevant en genotvol moontlik te maak deur sprekers, voorlesings, demonstrasies en uitstappies deel van die klub se doen en late te maak. Daar sal ook altyd iets te ete wees by so byeenkoms. Vir die eerste geleentheid gaan ons lekker wors braai met brood, slaai en malvapoeding.

Ons wil nie die klub eksklusief vir Groote Kerk Lidmate maak nie, enigeen wat die behoefte het om so iets by te woon moet welkom voel om saam te kom. Versprei gerus die woord onder familielede en vriende wat hierby sal wil inskakel.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam