Toerusting

Daaglikse oordenkings

Ons maak van tyd tot tyd daaglikse oordenkings beskibaar wat individueel of as ʼn reeks geluister kan word. Hierdie reekse val of saam met die kerkjaar, of saam met ʼn bepaalde preekreeks of in ongewone tye, soos wanneer ons kerkdeure op Sondae moet sluit as gevolg van inperkings ens. Maak seker jy is ingeskryf op ons Youtube kanaal en kry kennisgewings sodat jy hierdie oordenkings kan ontvang. Hieronder is ʼn paar voorbeelde van hierdie oordenkings. Vir meer, gaan na ons Youtube kanaal en kyk onder “snitlyste” of “playlists” vir meer.

Omgeegroep en bybelstudie materiaal

Kort video reekse wat beskikbaar is vir omgeegroepe of bybelstudiegroepe is hier beskikbaar. Hierdie materiaal is geskryf en saamgestel binne die Groote Kerk familie, maar ons deel dit graag met enige iemand wat behoefte het om bietjie dieper te delf. Ons sal ook hier voorstelle maak vir materiaal indien jy dalk opsoek is na iets anders.

Psalm 145 – Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 6 staan ons bietjie stil by Psalm 145. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 145.

Psalm 19 – Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 5 staan ons bietjie stil by Psalm 19. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 19.

Psalm 55 – Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 4 staan ons bietjie stil by Psalm 55. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 55.

Psalm 84- Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 3 staan ons bietjie stil by Psalm 84. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 84.

Psalm 139 – Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 2 staan ons bietjie stil by Psalm 139. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 139.

Psalm 23 – Oordenkings

Ons is tans besig met ons nuwe reeks: Ritmes en Ruimtes Tydens hierdie reeks fokus ons op die Psalms en gedurende Week 1 staan ons bietjie stil by Psalm 23. Luister gerus na ons oggend oordenkings as deel van die reis deur Psalm 23.

Hierdie is die laaste in ‘n 6 weke reis oor wat ‘n lewe in oorvloed beteken. En vandag vra ons: Wat beteken dit wanneer die wêreld om ons besonders deurmekaar voel? Hoe verstaan ons dan Jesus se stelling dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is?

Vrae 1. Hoe het jy in die verlede gedink oor hierdie “Ek is”-stelling?

2. Hoe maak dit sin vir jou binne die konteks van ontstelde en verwarde dissipels?

3. Op watter manier vind jy troos in hierdie teks?

4. Hoe help hierdie teks jou om met gemak jou vrae vas te hou?

5. Voel jy gemaklik om vrae te vra, sonder om die sekerheid van antwoorde te hê?

GAAN LEEF: Nooi mense vir ete of koffie. Skep ruimte vir mense om hul vrae te vra oor lewe of geloof. Moenie antwoorde gee.

Hier is week 5 uit ‘n 6 weke reeks oor wat ‘n lewe in oorvloed beteken. Kom dink saam en praat saam oor die tema hierdie week. Jesus sê Hy is die Goeie Herder. Watter betekenis het dit vir ons vandag?

1. Watter emosie maak Joh 10:16 by jou wakker?

2. Hoe help die prentjie van Jesus as die ingang jou om sin te maak van Joh 10:16?

3. Waar dink jy plaas jy jouself in hierdie prentjie wat Jesus teken?

4. Watter konnotasies het jy aan Jesus as die goeie Herder?

5. Hoekom dink jy is dit belangrik om die prentjie van Jesus as ingang, maar ook as Goeie Herder saam te lees?

GAAN LEEF: Wie is daar wat jy moet insluit by jou groepie (gesin, vriende, werk)? Hoe kan jy dit doen hierdie week?

In week 4 van ons 6 weke reeks staan ons stil by Jesus wat gesê het dat Hy die lig vir die wêreld is en daarom alle duisternis verdryf. Na watter duisternis verwys Hy en hoe help dit ons in ons verstaan oor ‘n lewe in oorvloed? Dankie dat jy saam met ons op hierdie reis is.

  1. Hoe gemaklik is jy daarmee om kritiek te ontvang?
  2. Het jy al ooit vir iemand wat jy vertrou gevra om jou swakpunte uit te wys?
  3. Hoekom dink jy het die fariseërs so hewig op Jesus se stelling oor lig en duisternis reageer?
  4. Is daar waarhede oor jou eie lewe wat jy nie gemaklik is om aan die lig te bring nie?
  5. Hoe kan ons mekaar help, of hoe kan ander optree om jou te help om die lig in jou eie lewe te laat skyn.

GAAN LEEF: Vra iemand, wat jy vertrou, om een of twee van jou swakpunte uit te wys.  Doen dit met ʼn oop gemoed. Ontvang dit asof dit lig is wat die duisternis verdryf.

 

 

Hierdie week hoor ons hoe Jesus die verantwoordelikheid van “wingerdstok-wees” van ons af wegneem en op Hom neem. Vir ons gee Hy die opdrag om bloot net in Hom te bly en mekaar lief te hê. Kyk en dink saam.

Gebruik hierdie vrae om jou te help:

1. Wat verstaan jy onder hierdie idee van in Christus bly of geanker wees in Christus?

2. Watter prentjies kom by jou op as jy oor hierdie idee dink?

3. Dink jy ʼn opdrag soos: “Julle moet mekaar liefhê” maak vrug-dra makliker of moeiliker. Hoekom?

4. Watter motivering het ons om mekaar lief te hê, buiten die feit dat Jesus dit ʼn opdrag maak?

5. Hoe help die idee van liefde en verhouding jou in jou gedagtes oor ʼn lewe in oorvloed?

6. Hoe dink jy beïnvloed jou vriendskap met Jesus (of dalk tekort daaraan) die potensiaal van jou lewe in oorvloed?

GAAN LEEF: Hoe lyk dit hierdie week prakties in jou lewe om “mekaar lief te hê”? Gaan doen dit.

Ons is in week 2 oor ons vraag oor wat ‘n lewe in oorvloed beteken en hierdie week staan ons stil by Jesus se woorde: Ek is die brood wat lewe gee.

Hoe kan hierdie woorde en ons verstaan en gedagtes oor brood ons help om te dink oor ‘n lewe in oorvloed. Kyk saam, dink saam, staan ook stil by die vrae:

1. Help jou geld en besittings jou om sin te maak van die lewe?

2. Hoe help die idee van “genoeg brood” jou, om te dink oor “genoeg” in jou eie lewe?

3. Hoekom dink jy is dit so moeilik vir mense om eerlik te wees oor hulle eie finansies, salarisse, ens?

4. Watter vreugdes en oorvloedigheid beleef jy in dinge wat nie gekoop of besit kan word nie? Dink aan voorbeelde.

5. Op watter maniere bevry hierdie ervaringe jou?

GAAN LEEF: Bak hierdie naweek self 2 brode (dit kan maar uit ʼn pre-mix pakkie wees). Beleef die vreugde van iets eet wat jy met jou eie hande gemaak het, maar gee die ander brood weg. En beleef ook die vreugde van genoeg om te deel.

Ons nooi jou saam op hierdie 6 weke reis met die vraag: ‘n Lewe in oorvloed:

Wat het Jesus bedoel? Hierdie week kyk ons na Johannes 11:1-44 en Jesus wat sê: “Ek is die opstanding en die lewe”

Kyk hierdie video in ‘n Bybelstudie-, selgroep, in jou gesin of op jou eie. Doen egter moeite om stil te staan by die vrae (pause die video) en die tekste ook in jou eie Bybel te lees.

Hierdie volg die vrae weer sou jy weer daarna wou kyk:

1. Hoe help Jesus se emosie jou om Sy teenwoordigheid binne jou eie oomblikke van seer te verstaan?

2. Dink oor jou eie ‘wat as’ oomblikke? Watter vrae het jy hieroor?

3. Hoe help hierdie verhaal jou om sin te maak van jou ‘wat as’ oomblikke?

4. Staan hierdie ‘wat as’ oomblikke in die pad van ʼn lewe van oorvloed vir jou?

5. Help dit jou om onderskeid te tref tussen opstanding(eendag) en lewe (nou reeds)?

6. Hoe help jou verhouding met die Een wat Homself die Lewe noem, om oor jou eie lewe te dink?

GAAN LEEF: Soek hierdie week iemand wat hartseer is of swaarkry op. Drink saam koffie of gaan stap saam. ‘Huil saam’ sonder om te probeer antwoorde gee.

Kursusse

Ons bied van tyd tot tyd kursusse aan in die gemeente en sal in die toekoms hierdie kursusse ook via video en livestream beskikbaar maak. Lees solank meer oor kursusse wat ons al in die verlede aangebied het en ook vir toekoms beplan:

Getroue Getuies

Jesus stuur ons om sy getuies te wees. Wat beteken dit? Hoe deel ek my geloof? Wat is diens-evangelisasie? Hoe gebruik ek die Bybel as ek met mense oor God praat?

Indien jy na maniere soek hoe om die Goeie Nuus van Christus met mense te deel op ‘n nie-konfronterende manier dan is hierdie die kursus vir jou.

Genoeg en Genade

‘n Bondige geskiedenis van God se verhaal met sy Skepping. Hoe lyk ‘n leefstyl gekenmerk deur genoeg en genade? Hoe lees ons die Bybel? Hoe lyk die nuwe gemeenskap wat Christus kom vestig? Wat beteken dit om in liefde, deur liefde vir liefde geskep te wees?

‘n Baie insiggewende kursus wat fokus op die Bybel en dit behandel van Genesis tot Openbaring gedurende ‘n naweek. Jy sal met vars perspektiewe gelaat word.

Veerkragtige lewensritmes

In moeilike en uitdagende tye word ons gesondheid tot op die uiterste beproef. Tye van disoriëntasie kan ly tot angs, abnormale stress, depressiwiteit, verlies en baie meer. Dit alles plaas groot druk op die verskillende fasette van, en verhoudings in, ons lewens. Hoe her-oriënteer ons onsself in die lig van ons geloof na sulke tye?

Indien jy geloofsritmes wil aanleer en ontdek hoe die gebede van die Psalms ons troos en help om ons ervarings in woorde en gebed voor God te bring.