Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Two Oceans ten bate van die SA Kinderhuis

Ons het oor die afgelope paar weke weer bewus geword van die weerloosheid van ons kinders en die boosheid van ons samelewing, nadat daar verskillende gevalle was van gruwelike misdade teenoor kinders. Dit wat ons gesien en gelees het die afgelope tyd is maar die top van die ysberg. Ons moet as samelewing, individue en organisasies, ons stemme laat hoor en ons kinders beskerm.

Die SA Kinderhuis, die oudste kinderhuis in Suid-Afrika, bied ‘n ruimte waar weerlose, gebroke en mishandelde kinders, beskerming en herstel kan ervaar en ‘n kans op die lewe gebied word.

Om die kinders te versorg en onderhou en aan hulle terapie te verskaf kos ‘n klomp geld en daarom is jou donasie, hoe klein of groot ook al, baie belangrik en is dit een manier hoe jy ‘n verskil kan maak aan die geweld wat kinders aangedoen word.

Op Saterdag 26 Maart vind die bekende Two Oceans Ultra Marathon weer plaas.

Riaan pak hierdie jaar sy eerste Two Oceans aan en wil dit graag hardloop ten bate van die SA Kinderhuis.

Hy vra dat jy hom hierin sal ondersteun deur ‘n donasie aan die SA Kinderhuis te maak. Dit kan inbetaal word by

NG Kerk Kaapstad
ABSA, Adderleystraat
Reknr 360 580 032
Takkode: 312 109
Verwysing: Kinderhuis

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam