Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Vriende van die Suid- Afrikaanse Kinderhuis

“Ry vir ‘n doel om fondse in te samel!”

Die SA Kinderhuis skryf weer ‘n span in vir die 2016 Kaapstad fietsren. Daar is slegs beperkte liefdadigheidsplekke beskikbaar, en 30 plekke is aan die SA Kinderhuis toegeken.

Om u plek in ons span te verseker, kontak Zulpha by 021 423 1328 of e-pos
sakinderhuisfundraiser@telkomsa.net

As ‘n SA Kinderhuis fietsryer ontvang u :

  1. ’n Gewaarborgde inskrywing vir die wedloop (SA Kinderhuis sal die registrasieproses vir u hanteer)
  2. Begin nie later as 08:45 nie (die laaste begin ongeveer 10:00 ) Bondlede wat kwalifiseer vir ‘n vroeër begin sal dienooreenkomstig gekeur word met die opsie om terug te val om saam met kollegas te ry
  3. Laat sluitingsdatum vir inskrywings
  4. ’n Branded SA Kinderhuis fietsrytrui te dra op die dag.

Elke fietsryer moet ten minste R3000 insamel met een, of ‘n kombinasie van, die volgende metodes:

  • Verkoop van lotery kaartjies
  • Hou van ‘n geldinsamelings geleentheid
  • Borgskappe – kry jou vriende / familie / kollegas of besigheid om ‘n direkte donasie te gee of om jou te borg per elke kilometer wat jy ry. Elke lid se profiel sal gelaai word op ons webtuiste wat dit makliker sal maak vir jou vriende en familie om hulle ondersteuning te bied.

Elke fietsryer is welkom om sy/haar eie inisiatief te gebruik met die fondsinsameling, solank die minimum bedrag van R 3000 ingevorder word. Die SA Kinderhuis sal elke fietsryer help met bemarkings material.

Ons het ‘n fantastiese pryse vir die fietsryer wat die meeste geld insamel!

U ondersteuning word gewaardeer!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam