In die laaste jare het die belang van vroeë kinderontwikkeling na vore getree as een van die hoof maniere om langtermyn armoede te beveg. Hier by Groote Kerk het ons dus ʼn groot toewyding om verskillende gemeenskappe by te staan in die versorging van hul kinders en die onderhouding of totstandkoming van nuwe vroeë kinderontwikkeling (VKO) sentrums. Ons doen dit op verskillende maniere.
Societas trust
Visie
Die Societas trust se visie is om ʼn volhoubare finansiële fonds te skep en onderhou wat vroue uit hulle gemeenskappe bemagtig om hulle eie VKO ondernemings te begin. Sodoende skep hul vir hulself ʼn inkomste, maar voorskoolse kinders word ook onderrig en voorberei vir skool. Die trust se eerste doel is om ʼn fonds van R150 miljoen te bou om sodoende betekenisvolle en volhoubare finansiële ondersteuning van ± R1 miljoen per maand vir VKO’s te bied. Hierdie VKO’s is in samewerking met Diaconia (Wes-Kaap sinode) en Smart Start (VKO program en franchise).
Hoe werk dit?
Societas bou vennootskap met alle NGO’s oor Suid-Afrika wat Smart Start in hulle gemeenskappe implementeer. Die Smart Start konsep poog om die toekoms van 1 miljoen van die land se armste kinders te verander en 50 000 werklose vroue die kans te gee om vir hulself ʼn inkomste te genereer deur VKO/Smart Start francises.
- Societas bou ʼn volhoubare fonds om die implementering van die Smart Start visie finansieel te ondersteun.
- Smart Start en hul plaaslike NGOs (soos Diaconia in die Wes-Kaap) identifiseer, lei op en ondersteun vroue wat hierdie mikro-besighede in die voorskoolse onderrig sektor wil begin.
- Die Smart Start Franchises word ondersteun deur kapitaal te voorsien vir die ontwikkeling van die besigheid, infrastruktuur, kos vir die kinders, uitreik en opleiding van die ouers, die voorsiening van opvoedkundige produkte, asook die voortdurende ondersteuning, opleiding en mentorskap.
- Societas bied finansiële ondersteuning aan hierdie nuwe Franchises.
Kontak
Albert Geldenhuys (nie-uitvoerende direkteur):
[email protected] / 082 781 5874
Maak 'n bydrae
Maak ʼn bydrae aan Societas (wat Artikel 18A status het):
Societas for ECD (NPC)
Nedbank (Tjek rekening)
Rek nr: 1134517084
Takkode: 103910
It’s Amazing (Zoë trust)
Visie
It’s Amazing! ZT poog om ʼn transformerende bydrae te maak in die lewens van die mense wat in die gemeenskappe bly waar ons dien. Hulle doen dit deur veilige en versorgende ruimtes te skep waarin hierdie mense kan uitblink.
Missie
- Om te praat vir die wat nie kan praat nie (Spreuke 31:8-9)
- Om alle grense met liefde en waarheid te oorkom.
- Om die gemeenskap by te staan en te dien op praktiese maniere
- Om ʼn nuwe ingesteldheid op die lewe uit te leef in die gemeenskap.
In die lig van hoë vlakke van armoede, bendes, seksuele mishandeling en geweld, poog It’s Amazing! ZT om alternatiewe samelewing te skep te midde van die stukkende Kaapse Vlakte. Hulle doen dit deur die gemeenskap in sleutel areas te ondersteun en kritieke onderrig programme te bied wat kinders die geleentheid gee om uit die siklusse van armoede en hopeloosheid te breek. Hulle poog ook om veilige ruimtes vir kinders te skep waar hulle ondersteuning en versorging kry, asook kos.
Kontak
Lisa Truter
072 390 7437 / [email protected]
Gaan besoek hulle webtuiste: https://itsamazing.org.za/
Maak 'n bydrae
Maak ʼn bydrae aan It’s Amazing (wat Artikel 18A status het)
Zoe Trust
ABSA (Spaarrekening)
Rek no: 9222071195
Takkode: 632005





Isibindi/Ysterplaat VKO sentrum
Groote Kerk is, saam met Isibindi, aan die droom en in die vroeë beplanning stadium van ʼn nuwe VKO sentrum in Ysterplaat by die gemeenskapsentrum. Indien jy deel van die proses wil wees, asb. maak kontak met Ds Riaan, Niel of Scherlize.
Kontak
Ds Scherlize van der Merwe (predikant by Ysterplaat):
072 8444 771 / [email protected]
Ds Niel Steyn (Besturende direkteur by Isibindi):
084 688 1080 / [email protected]