Kerkkantoor
In hierdie baie moderne gebou in die hart van Kloofstraat sal jy weeksdae die personeel van die Groote Kerk aantref tussen 8:30 en 15:00. Dit is ook die plek waar ons vergaderings, byeenkomste, kursusse en sommer net lekker-saambraai geleenthede plaasvind. Kom loer gerus in as jy jouself in Kloofstraat bevind.
Adres: Kloofstraat 55, Kaapstad, 8000

Groote Kerk
Kom aanbid in die historiese groot kerkgebou in die Moederstad. Die gebou is ideaal geleë in die besige Adderleystraat, waar gelowiges hulself op die “markplein” van die stad bevind om hulle geloof daar prakties uit te leef. Die gebou is weekliks oop vir besigting tussen 10:00 en 14:00 en bied die ideale ruimte om stil te raak in die harwar van die stadslewe.
Adres: Op die hoek van Adderley Str. en Bureau Str. Kaapstad, 8000

Kampsbaai Wykskerk
As ‘n wykskerk van die Groote Kerk, is die Kampsbaai kerkgebou skaars 100m vanaf die Kampsbaai strand geleë. Dit is in Van Kampzstraat, met die see aan die eenkant en die hange van Tafelberg aan die ander kant. Dit is ‘n klein geboutjie met ‘n groot hart. Dit is ook hoofsaaklik die setel van ons familiebediening en die eredienste is gerig op gesinne en daar is ‘n aktiewe kategese.
Adres: Van Kamp Str. 5, Kampsbaai, Kaapstad, 8005

Noordhoek Buitelug-Sentrum
Geleë te Noordhoek 25 kilometer vanaf Kaapstad, Village-Steeg, oorkant die Noordhoek Farm Village. Twee kilometer van see. Mooi staproetes in aangrensende berge.
