Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Wêreldbiddag vir Vroue

Op 6 Maart was dit die 85ste viering van die Wêreldbiddag in Suid-Afrika. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christen vroue, -mans en –kinders wat elke eerste Vrydag in Maart saam ‘n gebedsketting in meer as 170 lande vorm.
Die wêreldbiddag strek oor grense en bind mense uit verskillende rasse, kulture en kerke tot groter onderlinge begrip en toewyding.

Die tema vir die dag is deur die vroue van die Bahamas gekies. Dit was: Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?
Die verwelkomingswoorde van die vroue van die Bahamas was: Ons, die vroue van die Wêreldbiddagkomitee van die Bahamas, nooi julle na hierdie viering. Ons aanvanklike viering van die dag, 65 jaar gelede, was te danke aan die Presbiteriaanse Kerk van Skotland in die hoofstad Nassau. Vandag word die Wêreldbiddag deur meer as 10 denominasies op die meeste van ons eilande gevier. Die mense van die Bahamas, geklee in die tropiese kleure van ons sand, see en die son, van Nassau af tot by die Eilandfamilie, groet julle en nooi julle om saam met ons ‘n loflied te sing.

Die skildery is spesiaal geverf vir die biddag. Die flamink is die Bahamas se Nasionale voël. Die ryk oseaan- en koraalkleure is eie aan daardie omgewing: Die Skepping buig voor die almag van God.

Daar was om 08:00 en om 13:00 ‘n diens in die Groote Kerk. Die leerders van die Hoërskool Jan van Riebeeck is spesifiek uitgenooi na hierdie geleentheid. Estelle Franken het ‘n pragtige rangskikking vere gemaak om die tema uit te beeld.

biddagvirvroue-2biddagvirvroue-1

Die Wêreldbiddag vir Vroue bied vroue wêreldwyd die geleentheid om hulle geloof in Jesus Christus te bevestig, versterk te word deur die geloofservaring van Christene uit ander lande en culture, ander se laste te help dra deur saam met hulle en vir hulle te bid.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam