Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Werkersdag-wense van Groote Kerk

Ons gaan as gemeetne op 30 April kolwyntjies (Cupcakes) uitdeel by Media 24 se Naspers Sentrum. Dit is ’n gebaar van ons kant af om die mans en vroue wat elke dag hard werk om koerante, webblaaie, sosiale netwerke, boeke, tydskrifte en soveel meer, te produseer, te bedank vir hul bydrae in ons gemeenskap, op die vooraand van Werkersdag.

Ons moet ’n totaal van 1200 kolwyntjies saamneem, en gaan vanaf 11:30-14:00 daar wees om dit uit te deel. Ons daag die hele gemeente uit om hand en tand in te spring en te help met hierdie projek. Al bak jy 12 kolwyntjies, is dit 12 nader aan die eindtotaal. As 50 mense elkeen ’n baksel van 24 bak, is ons op ons teiken!

Laat weet indien jy wil bak of saam kom uitdeel by madge@grootekerk.org.za

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam